Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, November 30, 2011

Hoekom..... Kerk toe gaan ?


'n Persoon skryf 'n brief aan 'n tydskrif en kla dat dit vir hom geen meer sin maak om kerk toe te gaan nie......

Hy skryf: 
"Ek gaan al vir meer as 30 jaar kerk toe, ek het gedurende hierdie tydperk na ongeveer 3200 preke geluister, maar ek kannie een onthou nie........ 
So ek dink ek mors my tyd en die predikante mors hulle tyd deur al hierdie preke voor te berei en Sondag vir Sondag te preek".

Die artikel is in die tydskrif gepubliseer en 'n paar weke het verbygegaan voordat iemand soos volg op die artikel geantwoord het:
 "Ek is reeds 30 jaar getroud. 
Gedurende my getroude lewe het my vrou ongeveer 32,000 etes voorberei. Maar, net soos jy, kan ek nie een van die spyskaarte onthou nie. 
Maar dit weet ek, al daardie etes het my gevoed en versterk, as dit nie vir daardie etes was nie, dan sou ek vandag dood gewees het. 
Dieselfde geld ook vir die kerk. 
As ek nie gegaan het om geestelik gevoed te word nie sou ek vandag geestelik dood gewees het."
Wanneer jy af is, is God besig met iets........! 
Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die onmoontlike!
Dank God
vir JOU Fisiese en Geestelike voeding.
GOD het nog EEN dag aan jou lewe gelas!
Nie omdat jy die dag so nodig het nie.....
..........maar omdat iemand ANDERS jou nodig het!!

Shalom

No comments: