Of jy nou vakansie hou, net ’n oornagplek soek of permanent moet bly, blyplek staan bo-aan jou prioriteitslys.
As die nood druk, sal ’n mens dit selfs oorweeg om in ’n bouval te bly, want die vooruitsig op ’n beter blyplek maak dit draagbaar.
In die Bybel is Paulus se betoog oor........
- die mens se swaarkry in die lewe &
- sy worsteling met verganklikheid.
Hy noem hy die liggaam ’n tent, ’n tydelike struktuur wat besig is om aan’t flarde te waai.
Die gesug en bedruktheid wat dit tot gevolg het, word egter nie met ’n soeke na wonderkure besweer nie, maar met die vaste wete dat daar ’n ander huis, ’n permanente struktuur, reeds in plek is – ‘n struktuur nie deur mense gemaak nie, maar deur God.
Dit behoort in elk die begeerte te skep om te leef soos Hy Wil......
"Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en ewig bly.” 2 Korintiërs 4:17
1Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar ‘n tent is, afgebreek word, ons ‘n vaste gebou in die hemel het. Dit is ’n woning nie met hande gemaak nie, maar deur God, en dit bly ewig staan”
9 “Maar of ons hier woon of daar woon, ons het net een wens, en dit is om te lewe soos Hy wil.” 2 Korintiërs 5:1, 9
Die mens se geneigdheid tot ongeduld en moedeloosheid kry in 2 Korintiërs 4 en 5 ’n ander perspektief.......
* Die swaarkry in hierdie lewe eintlik maar iets klein en dit duur nie lank nie.
* Leef ons nie ons lewens volgens dit wat ons kan sien nie, maar ons leef dit deur geloof (5:7). * Hierdie lewe is 'n lewe van hoop, wat in afwagting op permanensie is, soos gewaarborg deur die Heilige Gees wat God aan ons gee en wat in ons kom woon het.(5:5).
Waarhede wat my moet aanmoedig om te leef soos Hy wil.
Dit maak nie eintlik saak maak dat jou blyplek (jou liggaam) nie is soos wat jy dit graag sou wou hê nie; dat jou swaarkry maar net ’n tydelike ongemak is in dié uitrafelende tent en dat aan die einde van al hierdie “nie-lekker-dinge” daar ’n splinternuwe huis wag wat die beste van jou 'ou omstandighede' by verre gaan oortref.............
Maar die lewensdraad tussen die ou en nuwe is en sal altyd wees om te leef soos Hy...Wil.
...Hoop,
...vir Beloftes,
...vir die belofte dat ons nooit alleen is nie,
...dat vandag se swaarkry, môre se oorwinning gaan wees!
Shalom
No comments:
Post a Comment