Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Tuesday, May 17, 2011

Hoekom 'Geloofd' ek onder andere.........in God (dis 'n onuitputbare lys....!)

Ek 'Geloofd' in God, -want.........

... ek het Hom nodig......., want ek het om Lief!
... partykeer is die wêreld so “awesome” en dinge werk so goed uit dat my siel uitroep vir iemand om voor dankie te sê.
Dan is dit Hy!
....soms is die berge en die sonsondergang en die wolke en die maan so mooi dat ek iemand nodig het om te prys.
Iemand moes dit gemaak het.
Dis Hy!
........partykeer gebeur goed wat so onnodig is en so seer maak en dan voel dit of niemand verstaan nie, maar dan onthou ek die spykers in Sy hande en die Man aan die kruis.
Dan weet ek Iemand huil saam met my.
Dis Hy!
.....soms is ek so deurmekaar en die lewe so sinneloos en my drome lyk onbereikbaar en dan het ek iemand nodig om saam met my die pad te stap en rigting te wys.
Dan is Hy daar!
.... met tussenposes is ek so verstrooid en ek doen sulke “stupid” goed en Sonde mors my hart en my lewe so op en maak ander so seer & dan het ek nodig dat Iemand vrede en wysheid bring
Dan is Hy daar!
Hy maak heel wat ek self verbrou het!
Hy bring genade selfs in seer wat ek self veroorsaak het!
..... by geleenthede voel ek weet ek niks. 
Ek het leiding en wysheid nodig in ‘n deurmekaar wêreld wat ek nie verstaan nie.
En dan skryf Hy vir my in die Bybel en ek lees Sy Woord en hoor Sy stem en dinge maak weer sin!
.....Hy’s daar!
Heeltyd! Altyd!
In alles waardeur ek gaan en maak nie saak hoeveel keer ek dieselfde fout maak nie. 
Hy is daar!
....ek sien nie kans om ooit alleen te wees of enigiets alleen te doen nie, 
(dog mis ek ook 'n vlees-&-bloed-mens-mens in lewende lywe.........; maar dit het Hy gese sál Hy voorsien,-in Sy Tyd!)

Shalom

No comments: