Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, November 02, 2011

Worry / Bekommernis......?

Jesus het gesê, 'Moet julle dus nie bekommer en vra: 'Wat sal ons tog eet?' of: 'Wat sal ons drink?' of: 'Wat sal ons aantrek?' nie. Dit is die ongelowiges wat oor hierdie soort dinge begaan is' (Matteus 6:31-32). 




Iemand het gesê: 'Ek was nou die dag oor iets bekommerd, toe ek 'n leraar hoor sê, "Bekommernis is 'n gebrek aan vertroue in God." 
Ek begin toe bekommer oor die feit dat ek bekommerd was. 
Iemand anders sê toe, "Moet eenvoudig nie daaroor bekommer nie." 
Dit klink maklik, maar vele mense 'praat' wel geloof , maar 'tree op' uit vrees ....! 


Iemand kom toe met die voorstel: 
"Probeer hierdie 'kommerkoepon'. 
Dit laat jou toe om soveel as wat jy begeer, te bekommer, maar slegs as:
 a) dit jou sal klee en voed; 
b) aan jou lewe sal toevoeg in plaas van wegneem; 
c) dit môre beter sal maak; 
d) jy nie omgee om soos 'n nie-gelowige op te tree nie!" 
As dit nie werk nie, maak 'n lys van al jou bekommernisse, plaas dit in 'n houer en plaas die houer op 'n plek waar jy dit nie kan sien nie. 
As God nie daaraan wil of kan aandag gee nie, kan jy altyd die houer weer gaan uithaal en weer begin bekommer - gee God tenminste net eers 'n billike kans. 
Terwyl jy op Sy antwoord wag, moet jy bid, op Sy Woord vertrou en sorg dat jou bekommernisse tjoepstil bly
Die Bybel sê: 'Gee al julle bekommernisse [absoluut alles wat jou pla] aan God oor [nou en vir altyd], want Hy gee vir julle om.'.....!


Shalom

No comments: