Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, December 03, 2016

Die Dubbele Standaard van 'n '2-Gat-Jakkals'


In 1966 het dr Joseph Fletcher 'n boek, Situation Ethics, uitgebring wat 'n topverkoper geword het.... 
In die boek is o.a liefde die enigste standaard om reg van verkeerd te onderskei....



Die gevolg van hierdie uitspraak was etiese chaos. 
Hoekom? 
Omdat dit ons 'onderhewig aan die heersende situasie' -toelaat om ons eie standaarde te stel, wat van een situasie tot 'n ander situasie 'mag' verander. 

Om dinge erger te maak, is ons natuurlike neiging om dinge vir onsself maklik te maak, om onsself volgens ons bedoelings te oordeel terwyl ons vir ander 'n hoë standaard stel en hulle volgens hulle dade oordeel....


Byvoorbeeld, iemand wat op sy belasting kul of skryfbehoeftes by sy kantoor steel, verwag steeds eerlikheid van die maatskappy by wie hy aandele besit en van die kliënte waarmee hy besigheid doen. 

Dit is die dubbele standaard! 




Dis maklik om afkeurend te wees teenoor mense wat die etiese toets dop - veral as hulle ons te na gekom het. 
Dit is egter baie moeiliker om etiese keuses in ons eie lewens te maak. 



Verstaan egter mooi: Wanneer jy op die rand van eerlikheid lewe, gaan jy op die ou einde oor die rand tuimel! 
Dit is dalk moontlik om mense vir 'n tydperk te verkul, maar dit sal jou uiteindelik inhaal. 

Wat is dan die 'klinkklare-ontwykende' antwoord ?
Soek die Aangesig van die Here & wees vervuld met die Heilige Gees & laat jou deur 'God-3-Enig', Lei-in-alle opsigte...

Net soos dit lyk asof iemand uit oneerlikheid voordeel trek, lyk dit soms asof die verloorders altyd die eerlike uitweg kies.... 

Jou plesier en voordeel sal egter nie lank aanhou nie, omdat jy uiteindelik deur God geoordeel sal word - en hoe sal jy dan lyk?
 'Die pad van die regverdiges is soos die lig met dagbreek. Dit word al helderder totdat die volle dag aanbreek. Die pad van die goddeloses is soos stikdonker. Hulle weet nie eers waaroor hulle geval het nie' (Spr.4 18~19). 



Shalom & ...Maranatha !



No comments: