Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, November 28, 2016

Hulp....ten midde van LewensKrisisse !

Yes ! I'm SURE the place DO exist.... It's Called : HEAVEN ! ....& I can barely WAIT !
 

Iemand het eenkeer gesê: "Life happens when you are making other plans...."

Dis presies wat met Paulus en sy vriende gebeur het.....

(Sien Fil 2):
Gewone dinge, soos liefde, omgee, uitreiking, hulp, ondersteuning, siekte, hartseer en selfs amper die dood kom klop aan hulle deur. 
Maar dit breek nie hulle spoed nie. 
Hulle sit nie in sak en as nie.... 
Hulle gooi nie hulle speelgoed rond as dinge nie uitwerk soos hulle dink dit moet uitwerk nie. 
Nee, met passie beur hulle voort en trek alle stoppe uit om die evangelie by die mense uit te kry. 
Hulle maak groot planne om ten spyte van die lewe steeds te doen waarvoor hulle geroep is.

Ek laat sak my kop in skaamte, want sodra ek net ’n klein bultjie slaan, sodra die geld pla, sodra siekte ’n draai kom gooi, sodra ’n verhouding 'amps' trek, sodra dinge nie werk soos ek wil hê dit moet werk nie, is my eerste twee woorde: Hoekom Here? 
En dan rammel ek sommer af: 
Hoekom ek? 
Hoekom nie iemand anders nie? 
Here! Here, hoor U my? 
En ek begin later in hoofletters praat met hope vraagtekens agterna....
Ook maar nét mens......? !

In die gewone worsteling met die lewe skyn God se betrokkenheid deur: …
Fil.2:27Maar God het nie van hom vergeet nie... 
Wanneer die lewe begin druk, dink ons so maklik dat God ons nie meer hoor nie. 
Dit voel asof Hy net nie meer daar is nie. 
So asof ons te veel verkeerd gedoen het en dat God nou sy rug op ons gedraai het....
Dis nogal NIE waar nie! 
God vergeet ons nooit nie en indien nodig, sal Hy selfs ’n wonderwerk laat gebeur net om sy plan deur ons tot uitvoering te bring. 
Dit moet ons onthou. 
Ons moet dit deel maak van ons lewe: God sal ons nooit vergeet nie. !
Daarvoor is Hy net te Lief vir ons......
Menslik-gesproke ..... Onbegryplik, -dog wél moontlik vir ons Almagtige God & Hemelse Vader !

My eie hart druk swaar vir iemand wat ek hoor 'n ernstige 'Lewens-omkerende Krisis' beleef...
Hulle sukkel..... erg 
Ek sê vir die persoon:
Ja, so laat God toe dat die lewe sy loop met ons elkeen neem te midde van ons eie besluite.... 
Ek glo dat ’n mens ’n "breakdown" nodig het om ’n "breakthrough" te kry....
Nee, dis nie maklik nie, maar tog het ek die naïewe geloof dat God die ding ten beste sal laat uitwerk..... 
Hy’s nogal goed met sulke dinge....! 
Eintlik wil ek vir jou sê: "Watch this space!"  
Mag julle na ’n jaar of wat terugkyk en sien...wat God wél laat gebeur het....ten goede...

Desondanks, 
ons planne nie altyd uitwerk soos ons dit graag wil hê nie
Te midde (of ten spyte) van die 'lewe' is God stééds betrokke. 
Ek glo dit soos ’n kind (en soms is dit AL wat ek het om aan vas te hou) : 
Om God só te vertrou dat ons omstandighede ons NIE moedeloos maak nie..... 

Hy is altyd in beheer... ! 
Hy weet die beste...! 
Hy sal ons nooit alleen laat nie.....! 
God sal vir my en ......... vir jou nooit vergeet nie!
Mag hierdie wete ons help om staande te bly.

Shalom.... & Maranatha !

No comments: