Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Tuesday, May 03, 2011

Woorde.......21 Mei 2011....? Is dit Waarheid ontbloot al dan nie..?

Die Bybel is vir heelparty mense moeilik verstaanbaar......... 
Baie boeke wat geskryf is om dit uit te lê en te verklaar, maak dit nie juis duideliker nie.
Sommige mense is egter woord-kunstenaars. 
Hul, wat die Woord só eenvoudig en prakties kan uitlê, maak dat dit soos musiek op die oor klink. 
Wat dit aanbied asof dit spesiaal vir jóú geskryf is. 
Want dis meer as woorde – daaragter lê ‘n oortuiging dat alles wat hulle sê die waarheid is.    
 'n Deurleefde waarheid. 
Een wat deur hulle eie harte gegaan het.
Maar dié Woorde is meer as dit.
Soos Paulus sê: dis met oortuigings-krag wat nie uit 'n mens kom nie. 
Want mense oortuig ander nie van die Waarheid van die Woord nie. 
Net die Heilige Gees kan dit doen. 
Net die Gees werk só kragdadig dat harde harte vermurwe.
...want diesulke Woorde is Goddelik-geiinspireerde oordrag deur mense as instrumente/werktuie wat gewilliglik maar net die Boodskap oordra  

21 Mei 2011 ....is 'n persoonlike oortuiging wat elkeen vir hom-/haarself moet uitmaak !

Dat dowe ore oopgaan en blinde oë kan sien. 
Dat lam bene begin beweeg en slap arms iets kan doen.
Mag die Evangelie, -vandag ook deur ons werk om ons te 'oortuig en te laat groei'. 
Meer nog..........
Praat met oortuiging oor dit wat in JOUse harte leef....... of jy die Gawe van woorde het, -al dan nie...!

…want die evangelie wat ons aan julle verkondig het, het nie bloot met woorde tot julle gekom nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en met volle oortuiging. Julle weet trouens hoe ons by julle opgetree het, en dít om julle ontwil. 1 Tessalonisense 1:5

Shalom

No comments: