Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, March 06, 2011

Lewens-Dood.... of Dood-wyl-Lewend ?



Uit 'saad wat met eiersel' amalgameer
is ons elk met Goddelike wonderwerk tot Lewe,
.... geformeer.
In metamorfosiese groei ...
het ons na 'n skrale 9-maande die donkerte vanuit moeder verlaat
& bar 'lewe-op-aarde' ingeskreeu,
selfgesentreerd,
tydens ons openbaring van donkerte na lig...
Verdere groei deur stadia van...
 'peuter'na 'kleuter';
tiener na volwassene &
dan 'oumens' wees,
 word 'te gou' verruil vir die 'onbekende'
wanneer ons ontydig 'ingespit' word...
Mag dit ook waar wees vir JOU,
dat jy DAN in 'n wonderskone 'Plek van Skoonheid' met blomme
-begelei sal word....
Dat veelerlei soorte in prag & praal van werklike 'naaktheid' aan jou uitgewys sal word:
* ....die van hulle wat die Vader'moes pluk sodra hul oop wou gaan,
- sodat hul op hul mooiste, -die Heer kan plesier....;
* .....ander wat eers moet wag, tot hul in hulle volle bloei is,
- virrie Heer se Huis se prag;
* .... en dan is daar die 'oumensies' wie se blare deur die jare
vergeel het & gedwarrel het na die grond,
alvorens die blom ontluik het,
 volluit in geur, -na eie reg...
God-Almagtig, pluk desnieteenstaande se 'besige Skedule'
SELF elke 'blom' oppie tyd,
want die lewe-op-aarde, is maar net nog 'n metamorfiese fase,
-in nimmereindigende Tyd...
-alles heenwysend na die Ewigheid.
Dis 'n 'Toets'wat nie een van ons ooit sal omkom,
deur te antwoord oppie vraag:
"Wat het JY met Jesus op aarde, -gedoen...?"  
Ek, HJ het 'n klinkklare antwoord,
-het JY een ...! ..?

Shalom

No comments: