Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, February 14, 2011

Uniekheid.......as persoon...

As ek eendag daar bo aankom sal ek ‘n paar jaar in die geselskap van Paulus wil gaan sit !
 Ek dink hy was ‘n rowwe diamant in die oë van die Here..... 
....nie altyd gedoen soos wat daar van hom verwag is nie. 
Partymaal maar sy dinges gestrip, seker ook maar vir die ander Christene wat baie maal nie die paal gehaal het nie. 
Tog, -het hy nooit tou opgegooi nie, want die passie in hom vir die uitbreiding van die Koninkryk van God het nooit opgehou nie!

Ek wonder wat sou gebeur het as Paulus nie sy roeping, dit waarvoor God hom geroep het, gedoen het nie? 
Of as hy net gedeeltes daarvan gedoen het, waar sou die Evangelie dan nie uitgekom het nie?

In Paulus was daar partymaal ook soos met my /jou onsekerhede..... 
Hy het ook baie maal vrae gevra, sonder dat die antwoorde ooit gekom het. 
Tog was daar een ding soos ‘n paal bo water: 
......."Jesus Christus het my geroep en my met ‘n spesiale doel gestuur." .....
Dit kon niemand van hom wegvat nie. 
Hulle wou hom doodmaak, hulle het hom in die tronk gegooi. 
Tog kon dit nie sy passie vir die uitleef van sy roeping blus nie.

God het vir my/jou ook spesiale geskenke gegee. 
God vra ook vir ons om dit te gebruik in die uitbreiding van sy wêreld. 
Elkeen van ons het, soos Paulus, ‘n roeping. 
Daar is iets spesiaal wat God wil hê jy moet vir Hom doen. 
In die begin is dit dalk nie sulke groot goed nie, miskien later, maar vir nou roep God jou om ‘n verskil te maak daar waar jy is. 
Daar in jou huis........ 
Hoeveel tyd maak jy vir jou gesin?
Hoeveel tyd in ‘n dag skakel jy af, morsdood af vir die goed wat jou deur die dag jaag om 100% kwaliteit tyd aan jou gesin te spandeer? 
Weet jy dat daar mense by die werk is wat jou besorgdheid nodig het. 
Dalk net ‘n skouer om op te kom huil. 
.....Of ‘n oor wat regtig kan luister en kan hoor. 
En dan daardie vreemdeling wat so onbetyds sy staan voor jou kom maak.

God roep ons om NéT vir Hom te leef! 
Nie te leef vir al die goed wat ons op aarde probeer bymekaar maak nie. 
Nie te leef om al ons paaiemente aan die einde van die maand te betaal nie. 
Nie te leef om te kyk hoeveel ek kan uithaal nie, maar te leef om met ‘n passie te soek waar ek kan gee......
Dit is ons almal se roeping. 
God het ons geroep om net vir Hom te leef. 
Wanneer ons dit begin besef en doen, dan sal God vir ons help om op te hou hol agter niks aan nie. 

Hier is vir ons ‘n belofte van God: 
"Jesus sal vir jou, sy kind, baie goed wees. Hy sal vir julle innerlike rus gee en vrede op jou laat neerdaal..."
Jy is sy kind. 
Dit is wat God vir jou wil gee. 
Daardeur sê ek nie dat daar nie meer opdraandes en swaarkry voor is nie. 
Dit is ook nodig om ons te vorm. 
Gelukkig kan ons dan in hierdie tye ook vashou aan die wete: 
.......Ek het ‘n GROOT Pa en Hy staan hier langs my en Hy het my ontsettend lief........!

Stof tot nadenke.........
Wat is jou spesiale doel hier in jou eie wêreld? 
Skryf dit hier neer......
As jy nie weet wat die antwoord hierop is nie, probeer die volgende ene:
Wat kan ek vandag anders doen om ‘n klein dingetjie te doen vir iemand anders, wat dalk ‘n verandering in sy omstandighede kan meebring......?

Shalom

No comments: