Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, January 30, 2011

Jeug.....Oud-word...verjaarsdae..?

Jeug of te wel Oud-wees, is nie 'n Lewensfase nie...


Dis eerder 'n Denkwyse; 'n wilsbesluit om aan te hou Groei al is jy 'statisties-gesproke',-horingoud.
Dis 'n kwaliteit van verbeelding; die oorwinning van moed oor neigings na angs & vrees & 'n voorkeur vir 'Avontuur' eerder as gemaksugtige-terugsit illusie van sg. sekuriteit......... 


'n Mens word nie oud omdat jy te veel jare geleef het nie........ 
'n Mens word slegs oud, wanneer jy jou 'Ideaal' verloen.
Die gang van die Jare mag wel jou vel laat verimpel, dog om jou Ideaal te verloen, -verskrompeld in jou Siel...
Bekommernis, vrees, twyfel, wanhoop & 'n swetterjoel van ander negatiwiteite, -is inderwaarheid die 'werklike oorsake' (vyande), wat ons stadig maar seker figuurlik-gesproke innie grond inboor & ons tot nuttelose stof metamorfosies laat terugkeer, -lank voordat ons fisies sterf.
Simplisties gestel bly iedereen 'jonk', -solank as wat jy jouselwers oopstel vir dit wat mooi, goed & edel is, -die positiewe; tot welke mate jy steeds (indien ooit), ontvanklik is vir wat ander mense van kapisteit, die natuur in essensie & God vir jou se in 'n kaleidoskoop van maniere & wyses van Openbaring.


Onthou egter........
Sou jy eendag onvergewensgesind & pessimisties meer permanent as tydelik raak; verteer deur bitterheid, wanhoop & ander destruktiewe emosies van irrasionele aard, -mag God Genade he, op jou 'oumensSiel'.... 
Mag die Lieven Heer ons elk behoed van diĆ© tipe van 'dood' waar jy letterlik wel nog asemhaal, maar  figuurlik net omgestoot kan word, want Spiritueel het jy jou enigste werklike 'Anker & Sekuriteit' vir die tydelike & die Ewige, -versaak........teen jou eie beterwete. 


Nietemin laat ons elk dag; elke Verjaarsdag, met 'n 'kwartel-dankbaarheid' koester & wegbere in die 'knapsak' van "merciful Grace", onverdiend, dog Genadiglik toebedeeld, andermaal vir nog 'n dag....


Shalom.........

1 comment:

Anonymous said...

Liewe Hendrik, Baie dankie vir die woorde van wysheid en die herinnering dat dit optimisme en openheid is wat die jeug so vol vreugde, moed, en vreesloosheid die lewe laat aanpak en verander soos wat hulle dit wil he, eerder as om te berus by dinge of toe te laat dat verveling en bitterheid alles vervaal en verrinneweer. Daar is geen ouderdomsbeperking op optimisme en openheid nie...