Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, January 25, 2024

Seisoene van Verandering....

Elkeen ondervind 'n dag waarop jy/hy besef: ".....vandag is die seisoen anders as gister...."

...Vandag is daardie dag vir my.... 

Dis Herfs! 

My gunsteling seisoen vanaf kinderjare.

Deur die jare het mense my al gevra hoekom dit so is, -of aangeneem dis die betowerende kleure....?! 
Ek het ook as kind, -eers so gedink. 
God self het die diepe waarheid wat in my hart gesetel was mettertyd bekend aan my gemaak.
Herfs is die seisoen waarin ware groei begin!
Groei begin nie in lente nie, dit begin nou....

Indien ons nie selfondersoek instel en ons los maak van dit wat was nie, kan groei nie plaasvind nie. 
Dan moet ons in die wintertydperk ons uitstrek na wat voorlê. 
Dit is ‘n moeilike tydperk in elkeen se lewe. 
Interessant genoeg, winter is die tydperk waarin bome en plante hul reserwes opbou, al lyk dit vir ons asof dit dormant is. 

Nes ons, is dit in ons winters waarin ons innerlike krag opbou om vorentoe te beur eerder as om terug te gaan na die potte van Egipte, al wat daar vir ons wag is die dood.
Dan kom lente waarin die innerlike opgeboude krag nie anders kan as om uiterlik te manifisteer nie en almal bewonder die blommeprag. 

Somer is slegs die vrug (resultaat) van dit waarmee begin is in herfs.
Mag elkeen van julle jou eie herfs aangryp en jouself los maak van wat was, deur winter beur na wat voorlê sonder om terug te verlang na wat was in jou vorige somer sodat daardie geestelike groei in jou herfs en winter, blom in jou lente sodat almal God se genade mag sien. 

Mag elke blom in jou somer gesonde en voedsame geestelike vrug dra waarmee jy Sy genade betoon aan jou kan uitdeel tot aansporing na ander se eie soeke na Hom.
Mag jy meer as dit als, nie vrees koester vir jou herfs wat weer kom nie, maar in geloof daarna uitsien en bereid is om die prys te betaal om jou los te maak van dit wat nie vanaf Hom is nie en waar Hy jou nie wil hê nie, maak jou los vanaf mense, omstandighede en die vyand.
Geseënde herfs 2023....., -ook jou persoonlike herfs, wanneer dit ookal mag wees.
FILIPPENSE 
3:14
 (AFR53)
Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

No comments: