Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, March 17, 2022

'Dankie-sê'....., -met die Afsterwe van 'n persoon....



Daagliks, word babas gebore & andere.. (hetsy oud of jonk), -sterf....

Met die afsterwe van iemand, is hartseer onlosmaaklik deel van die afskeidproses.
Mense is o.a. hartseer omdat die verbreking van die unieke assosiasie met die oorledene as asemhalende-lewende mens, nou finaal verby is.... 
'Iets' van diesulke assosiasie met die oorledene, was lekker / kosbaar vir van die agtergeblewendes & die herinnering / gedagtenis aan die nóu permanente verlies daarvan, het derhalwe hartseer & weemoed tot gevolg....

Gedurende die Lewe van die oorledene was interaksie met hom/haar 'n 'periodieke' realiteit, afhangende van die nabyheid van verbintenis met diesodanige persoon.

Wat egter wel onthou word tydens nagedagtenis aan die oorledene, is 'Hoe' die persoon jou 'laat voel het', -tydens jou persoonlike interaksie met hom/haar.....
Dinge is tydens sy/haar lewe gesê; die kwytraak-daarvan, -het gevoelens tot gevolg gehad wat soms jare daarna nog onthou word; hetsy ten goede of ten kwade...
Afgestorwenes word slègs maar onthou vir die 'impak' wat hulle op andere rondom hul gehad het; dinge wat deur hulle gedoen & gesê is tydens hulle leeftyd wat óf 'n positiewe óf 'n negatiewe invloed uitgeoefen het op diegene wat met hulle assosiasie gehad het...

Grief never ends...but it changes!
It is a passage, -not a place to stay.
Grief is not a sign of weakness, -nor a lack of Faith
It is the price of love...

Die werklike nalatenskap / "legacy" van 'n afgestorwene is nie gesetel in die fisiese agterlaat van materiële bates/laste aan die erfgename nie, maar in die 'opbouende rigtinggewende-impak' wat op andere uitgeoefen is tydens sy/haar lewe.

'Dankie-sê' aan die oorledene is ná sy/haar afsterwe, ongelukkig te laat...nou!
Te veel gewag word gemaak van die 'besing van lofprysinge', van die oorledene se weldade, (somtyds met veel fanfare), tydens die begrafnis van'n oorlendene....
Diesodanige 'lofprysinge' moes egter eerder gedoen gewees het, in persoon aan die oorledene tydens sy/haar se lewe terwyl hul nog asemgehaal het....!

"Feeling Gratitude & NOT expressing it; -is like wrapping a 'Present' & not giving it..."

Die besing van eienskappe & toedig van Dankbaarheid aan die oorledene is 'posthumous' soos kaf in die wind; -te laat; futiel...!
Dankbetuigings aan die oorledene (hetsy in watter formaat), móés gedoen gewees het tydens die aardse Lewe van die oorledene; -dan het dit dankbetuigende-impak gehad; nou egter, -is die 'peperduur ruikers/blomme & ander vorme van eerbetoon' van nul & gener waarde vir die oorledene...

"Think of 'who' has influenced you; 
Write a letter of Thanks/Appreciation; 
Deliver it then in Person to them...

Gratitude 'boosts' mood... !"

Nietemin, -Dankbetuiging aan derde partye wat tydens die lewe van die oorledene aan hom/haar versorging via hospitalisasie of tydens die begrafnis e.a. te doen gehad het, -is goed & reg so; hetsy deur hul gedoen as 'n gebaar van welwillendheid of teen betaling.
Dis net 'n basiese gebaar van ordentlikheid & erkentlikheid, & hoort tereg so...

Thankfulness is the beginning of Gratitude; 
Gratitude is the completion of Thankfulness; 
Nevertheless...
Thankfulness may merely consist of words; 
Gratitude is notwithstanding shown in Deeds & Acts....!
 
"Practicing Gratitude Every day -can Change your Life!"
This fact is Scientifically Proven...

Shalom...& Maranatha !


1 comment:

Anonymous said...

Wise words indeed.TRUE indeed.Baie dankie vir die geleentheid om dankie te sê vie die pragtige memories in Kanada.Jy is 'n regte sterretjie!!Hoop ons sal weer so bietjie kan gesels.Sterkte.....stay focused!!Kobie