Impressions ....to Ponder on? These 'writings'represent the "person behind the eyes" These are merely 'Glimpses in my Soul' of some of the things I do treasure, & care for.... Breathings of my Heart..' Die oorsprong hiervan kom uit 'n verskeidenheid van bronne. Enersyds is dit herinneringe oor 'wat belangrik is', -vir eie gebruik. Andersyds kan andere wat dit van waarde vind ook dit hulle s'n maak.Type TOPIC in, -below at "Search"
Pages
Search "Moose Chronicles".....for :
Labels
Encounter with GOD
(347)
Daily Life
(332)
Relationships
(245)
Work related
(63)
Travel - Adventure
(8)
Saturday, December 31, 2011
Nog 'n Kans...... danksy .. " a God of 2nd chances..!"
Die volgende, is algemeen in die daaglikse sleur; -dog die 'vergifnis-aspek' wat ons daagliks vanselfsprekend ervaar & nie deurgee aan andere deur ons eie verginis van hulle nie, ....is hartroerend selfsugtig....
Die 'analogie' begin met...... vier dowe werknemers.....
Hulle is goeie werkers en staan nie rond en praat nonsens met die ander nie.
Die een het egter ook die 'Maandag-na- betaaldag'-sindroom.
Hy daag net nie op nie.
Wanneer ek hom vra waar hy die vorige dag was, is hy dood eerlik en wys met sy hande na 'n kloppende kop.
Dan kry hy nog 'n waarskuwing.
En so het hy 'n hoop kanse weg.
Elke keer wanneer dit gebeur, kry ek hom jammer en gee hom maar nog 'n kans, tot op 'n dag toe ek besef dat dit nie langer so kan aangaan nie.
Ek het hom ingeroep en het papier op papier vol geskryf om hom mooi te verduidelik dat as dit weer gebeur, hy nie nog 'n kans kan kry nie.
Hy het sy duim opgelig.
Hy verstaan.
Dit was nie lank daarna nie toe hy weer uit die werk bly en ons die wetlike pad moes stap om Dowe "X" af te dank.
My hart was seer, maar ek het geweet dit help nie een van ons as hy elke tweede Maandag nie in die werk is nie.
Ek wou hom so graag nog 'n kans gee, .......maar ek 'kon net nie'....!
By die kus was daar hierdie vakansie weer twee gevalle, uit vele regoor SA waar mense in die see in die moeilikheid geraak het.
Ses vriende het saam gaan swem en die stroom het hulle gevat.
Vyf het hard geswoeg en is uiteindelik terug op die strand.
Die sesde ene was nie so gelukkig nie.
Die NSRI was daar met twee bote, 'n jet-ski en 'n helikopter.
Hulle het nou nog nie eens die persoon se liggaam gekry nie.
Ek wonder of die ou se kanse op was.........?
'n Ander ou is uit sy kano geslaan en die see het hom vêr agter die branders gevat.
Sy lewe diep in gevaar.
Sy broer is met 'n kano in om hom te help.
Nog 'n ou is op sy lylo in en 'n lewensredder ook.
Op die ou end het hulle almal doer vêr in die see bymekaar gekom by 'n ander persoon wat op sy kano agter die branders geoefen het.
Dit was nie lank nie of die NSRI kom aangejaag met 2 rubber ducks en ry hulle twee-twee uit die moeilikheid uit tot terug op die strand.
Almal het nog 'n kans gekry..........
Met die uitbring van die laaste twee klim die bestuurder van die rubber duck uit en ek sien dat hy net een been het.
Met trane in my oë besef ek: nog 'n ou wat al 'n kans of wat in die lewe gehad het.....
En so gee God ons nog 'n kans !
Maak nie saak hoe vêr ons afgedwaal het nie.
Dit maak nie saak hoe groot die sonde is wat ek aangevang het nie.
Dit maak nie saak met wie ek almal deurmekaar was nie.
Dit maak nie saak nie.........!
God het 'alle mense' nog 'n kans gegee.
Dankie tog daarvoor!
God het ons mense lief.
Hy gee so baie vir ons om dat Hy nie anders kan as om ons nog 'n kans te gee nie.
2012 is nog 'n kans vir elkeen van ons...
Eintlik is elke dag 'n nuwe kans om oor te begin.
Al wat ons hoef te doen is om terug te keer na God en om verskoning te vra en berou te hê oor die verkeerde dade.
God sal dit vergewe, want sy Seun het reeds daarvoor aan die kruis gesterf.
God gee nog 'n kans.
Ek wonder hoeveel kanse kan 'n mens by God kry?
Gaan God ook soos ek met "X" op 'n stadium besluit - dit is nou genoeg?
Niemand baat meer uit die verhouding nie....."so you are 'disposed of '...!
Gaan God ook met die persoon sit en baie bladsye neerskryf en verduidelik wat volgende keer gaan gebeur - dat die kanse nou opgebruik is?
God loop oor van Genade.
God bestaan daaruit om mense nog kanse te gee.
Ek weet nie of God dalk op 'n stadium 'n streep gaan trek en sê tot hiertoe en nie verder nie. Ek weet nie of God ook vir jou gaan inlig en sê die kanse is nou op nie.
Ek dink nie so nie.
God se genade is dan so baie.
Maar laat ons dit nie beproef nie.
Kom ons leer uit ons vorige foute & gebruik nie ons kans op nie.
Kom ons draai eerder ons lewens om en leef die lewe van 'n begenadigde.
Kom ons lewe 'n lewe van iemand wat nog 'n kans gekry het op die lewe.
Kom ons lewe so dat ander wat weer 'n kans gekry het, sal sien hoe dankbaar 'n mens moet lewe oor die kans.
Mag die Almagtige God my.......... jou, 24/7/365 bystaan in 2012 om my kanse nie weg te gooi nie....
Voorspoedige nuwejaar...!
Shalom
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment