Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, November 06, 2011

'n Gebed van.......Totale VERTROUE....

So lank as ek as mens........... self die probleem probeer ( in eie waan & hoogmoed), wil hanteer, sal ek nie na die wonderwerkende krag van God vra nie. 




Omstandighede moet so benard wees, dat jy genoop word om daarvan afstand te doen: 
'Here, ek het alles probeer, maar dinge verbeter nie. Ek kan nie meer nie. Ek gee dit nou heeltemal in U hande oor. Ek weet nie hoe U dit gaan regmaak nie, maar ek weet dat U my liefhet en slegs die beste vir my wil hê. Hier is dit , Here. Ek lê dit aan U voete.' 


Dawid het geskryf: 
'As ellendes op my toesak... U... red my... U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie...' (Psalm 138:7-8). 
......Kontantvloei.......... wat opgeraak het. 
......Kinders wat glad nie met my wil praat of op boodskappe reageer nie......
..... Die lys is veel langer....
Ek het geen idee hoe U hierdie probleem gaan oplos nie. Here, maar ek laat die probleem nou in U hande........


Al wat ek wéét.........Gee jou probleme aan God oor, moenie dit weer terugneem nie.
God sal in Sy eie Tyd antwoord......... 
Dis 'n gebed van totale vertroue. !


Shalom

No comments: