Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, August 08, 2011

Depressie..........?

Depressie.....wanneer ‘n man so diep in ‘n gat is dat hyself die onvermoe het om 'n oplossing te vind om uit hierdie 'gat' te kom.........
Baie keer sit so 'n mens skaamteloos en huil terwyl andere na die stories van sy lewe vertel. 
Iets het in 'n mens se lewe het skeefgeloop.  
Net so, sonder enige waarskuwing. 
Hy kan dit nie verwerk nie..............
Op ‘n manier gee sy optrede vir andere‘n loer-kansie in sy hart.

Baie keer is daar nie antwoorde nie. 
Ek weet nie wat om te sê nie. 
Ek luister maar net en probeer die regte vrae vra, sodat die stories kan uit. 
Dit opsig self is al so ‘n bietjie vertroosting. omdat hy effe 'ligter' is, maar daar lê nog baie gate gesaai in sy hart en die res van sy wese.......

Dit is “sad” om te sien wat ons mense aan mekaar doen. 
Ons saai seer. 
Nee, ek sê nie dis alles net 'die een' se skuld nie. 
Dit neem altyd twee om te dans en die foute wat ons maak is maar meestal gelykop verdeel. 
Op ‘n manier het ons mense dit net goed reggekry om 'onvrede'/haat te saai en ‘n platgeskiette landskap agter te laat.

Die vraag wat jy jouself egter moet vra is of jy iets doen om daar waar nie vrede is nie, vrede te saai? 
Is jy die ene wat ander uit mekaar uit hou? 
Soek jy plekke waar nie vrede is nie, en maak dan ‘n konstruktiewe plan om daar vrede te laat kom?

Alles wat ons het is nét Genade.......
Alles kan in 'n oomblik van ons af weggeneem word of ons omstandighede kan radikaal, handomkeer verander..........
Om in Nederigheid, in ootmoed te lewe & vergenoegd-in-Vertroue ons 'daaglikse 'uitkoms' van die Here in Dankbaarheid te bid, -is ons enigste Redding 
Mag God ons Vader, en Christus Jesus ons Here, baie goed vir jou wees, meer as wat jy verdien. 
Mag jy hulle warm hart van liefde elke dag van jou af ervaar en mag dit vir jou daardie wonderlike vrede gee wat ‘n mens nét by God in Jesus Christus kan kry.

Elke mens wil liefde ervaar. 
Ons mense kan nie sonder liefde “operate” nie. 
Elke mens wil weet dat hy ‘n plekkie in die son het. 
Ons wil in vrede leef. 
Ons is nie goed in ‘n omgewing waar daar nie vrede heers nie. 
Van hierdie liefde en vrede het God meer as genoeg. 
Ongelukkig weet baie mense nie van hierdie tenke vol liefde en vrede nie. 
Dalk weet mense hiervan, maar die lewe het hulle al so hard geslaan dat hulle nie meer daarin glo nie.

Ons moet by God uitkom, sodat ons van Sy liefde kan ervaar. 
Ons moet by God uitkom, sodat Sy vrede in ons lewens kan vasslaan. 
En dan moet ons elkeen God se liefde en vrede gaan uitstort oor die mense om ons......... 
Elkeen....... het dit brood-nodig; verskriklik nodig en hier is dit ek wat God se liefde telkemale daar moet gaan saai. 

By wie moet jy & ek gaan saai?

No comments: