In die woestyn moes die Israeliete kos kry, en hoe voed jy 3.5 miljoen mense?
Moses het omtrent 1500 ton kos daagliks nodig gehad (@ 2.3kg kos / persoon).
'n 6km lange goederetrein sou nodig wees om die kos te vervoer.
Die kos moes gaargemaak word met houtvure en jy moet onthou, hulle was in die woestyn.
4000 Ton hout sou nodig wees per dag en weer 'n paar goedere treine, elk amper 2 km lank, om die hout te vervoer.
Om te dink, hulle het 40 jaar in die woestyn getrek.
Wat van water?
Net genoeg vir drink en 'n bietjie opwas, sou hulle 50 miljoen liter elke dag nodig gehad het, en 'n goederetrein met tenkwaens, omtrent 19km lank, sou nodig wees om water te bring.
Daar was net 'n paar putte in die woestyn.
HOE het hulle genoeg water gekry?
Nog 'n ding! Hulle moes oor die rooi see in een nag!
As hulle met 'n nou paadjie, twee-twee, sou loop, sou die lyn 1,280km lank wees en sou dit 35 dae en nagte neem om deur te gaan.
So daar moes 'n pad deur die rooi see gewees het van amper 5 km breed sodat 5,000 mense langs mekaar kon stap om in een nag deur te loop.
Nog 'n probleem, elke nag moes gekamp word.
'n Kampterrein van 1200 vk km was nodig, dit is 40 kilometer breed en 48 kilometer lank.
Dink jy Moses het dit alles haarfyn uitgewerk voor die trek?
Nee, hy was net 'n gewone man met 'n onwrikbare geloof in God.
God sou sorg vir alles.
Kom. skep moed, jy met al jou probleme......
Raai wat? ..... ons dien dieselfde God!
Hy het nog NOOIT verander nie, en as Hy al Moses se probleme kon oplos, sal Hy myne/joune ook kan oplos, mits...........
AL wat ons nodig het, is 'n onwrikbare geloof in God.
Shalom
No comments:
Post a Comment