Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, June 18, 2011

Depressie............'n Verwoester........Oplossing ?

Onlangs het ...............'n Persoon het te midde van depressie, -gif gedrink.......
Sy vrou en kinders is vol trane en seer...... agtergelaat. 


Wil jy nie ook soms ‘n ou in depressie voor die bors gryp en vir hom skree om homself reg te ruk en dan is alles weer reg nie? 
Maar depressie is, NIE só omkeerbaar nie! 
Dit neem jou uit die werklikheid en laat jou irrasionele besluite maak wat heeltemal verwyderd is van die werklike. 
Dit is ‘n 'doodmaak siekte' en ons verstaan nie altyd die erns daarvan nie. 
Tog is, baie van hulle wat daaraan ly /gely het, -nie meer hier nie en is hulle plekke is leeg waar hul regtig ‘n verskil gemaak het.....!


By die genoemde persoon se begrafnis is daar honderde mense. 
Almal het seker gewonder of iets gesê of gedoen kon word om dit te kon help keer...........
Daar was baie wat baie van hulself sou gee om die persoon net weer terug te kry by sy vroutjie en kinders – sodat die pyn net minder kon raak... 
Maar dit was nou te laat. 
Jy..... jul, het opgeslip....!

Baie van jul 'hoog heilige gefyndstes' is indirek aandadig daaraan. 
Die siekte was herkenbaar vir julle, -maar geen wesenlike stappe is geneem om die persoon te help om daaruit te kom nie.
(Afrikaners help mos net hulself........ & die duiwel met die res........-veral as dit jou moeite , effort & geld mag kos.......!) 
Deur ons monde en ons dade kon iets wesenlik gedoen geword het om vir hom te wys en teruggebring het na wie hy ........régtig is.
Vir hom was dit ontmoontlik om dit eers self te herken wat nog te praat om self uit die dryfsand te kon kom...!

(Ek weet wat ek van praat, -histories was ek self daar......... te midde van & omring met 'hoogs-geleerde'  sg. lojale vriende & sg. liefdevolle familie...!


Dalk kon ‘n stukkie beter verstaan van wie ek is en my waarde êrens deur die tralies van die depressie gedwing het........
Ek en jy moet ons waarde verstaan. 

Ons moet weet wie ons is. 
Ons moet weet wie rugsteun ons. ("Backup")  
En ons moet dit uitlewe! 


Ons is eintlik niks  (sonder Jesus Christus ) nie. 
Ons het geen waarde nie en kan nie eintlik iets werklik goeds doen nie. 
Gelukkig het God dit raakgesien en omdat Hy ‘n goeie hart ("Mercy & Grace") het, het Hy sy Seun (Jesus Christus)  gestuur om ons te kom red uit die gemors. 
Juis omdat Jesus gekom het, kry ek nou 'waarde' 
‘n Mens kan amper praat van aangetroude waarde. 
Omdat Jesus en God ‘n gedugte span maak en alle waarde in die wêreld oorspan en hul hand na my uitgesteek het, ontvang ek al daardie waarde ook. 
Ek is deel van die span en daarom deel ek ook in die waarde. 
Glo jy my nie? 
Kyk dan hierna:


Omdat ons Jesus S’n is, het God ons baie belangrik kom maak.  (Sien Ef 1:3)
 Ek ís, want Gód is........
Maak nie saak hoeveel droog ek maak, of hoe swart dit om my voel nie, of in watter gat ek sit nie, of wat ander mense van my sê en dink nie, in God se oë het ek baie waarde...!

Jy het soveel ongelooflike waarde in God se oë, dat Hy bereid is om die duurste prys vir jou lewe te betaal: Hy stuur sy Seun om teen ‘n houtpaal vermorsel te word!!! 
Vir my ......... & jou!
Jy ís, want Jésus is.
Toe jy nog slegs ‘n gedagte was, nee, eintlik nog voor dit, het God al vir jou gekies.                                           
 Hy het ons wat aan Jesus behoort, gekies nog lank voordat die wêreld gemaak is.  (Sien Ef 1 :4) 


Besef jy hoeveel waarde jy het? 
Besef jy dat God, wat alles gemaak het, elke haar op jou kop ken?
Klim uit jou (wegkruip)gat....... !
As jy nie kan nie, roep iemand wat kan help! 
Skakel die lig aan en lewe met ‘n bokspring in jou lewe. 
Los al die klein nonsens-bolletjies waarmee jy jou tyd  mors en lééf voluit. '
Jy het baie waarde, maak nie saak wat jy, wat ek -al aangevang het nie.......!
En as ons dit gaan uitleef, kan ons ‘n verskil maak in ander se lewens en dalk kan God ons gebruik om saam met die 'lotgevalle van die wat vasgevang is in depressie' -van die lewe te stap en iets bydra om 'n ommekeer te laat gebeur in hul lewens.....!



Shalom

No comments: